Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Die afsny-laagdrukstelsel wat tans oor die oostelike gedeeltes van Suid-Afrika geposisioneer is, sal volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens vandag verspreide reënbuie oor die suidoostelike gedeeltes van KwaZulu-Natal veroorsaak.
Aangesien noemenswaardige reënval reeds oor dié gebied uitgesak het, is die grond versadig en dreineringstelsels vol. Dit maak wydverspreide vloede moontlik.
Die weerdiens waarsku verder teen vinnig vloeiende strome en diep water wat mense se lewens kan bedreig, skade aan infrastruktuur, modder- en rotsstortings, erosie en die onderbreking van munisipale dienste.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.