AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Vlakke in Benede-Oranje begin draaipunt bereik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pekanneutbome op die plaas van mnr. Wilco Fourie by Groblershoop staan in die water. Die foto is geneem voordat die Benede-Oranjerivier sy hoogste vlak bereik het. Foto: Wilco Fourie
Pekanneutbome op die plaas van mnr. Wilco Fourie by Groblershoop staan in die water. Die foto is geneem voordat die Benede-Oranjerivier sy hoogste vlak bereik het. Foto: Wilco Fourie
Die Benede-Oranjervier se vlak kan later die week by die Upingtonbrug moontlik met nog sowat 20cm styg.

Die baie sterk watervloei in die Benede-Oranjerivier gaan na verwagting teen Donderdag by Upington ’n draaipunt bereik.

Mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie, het vroeër vandag gesê die departement van waterwese en sanitasie se syfers wys dat die watervlak by Prieska reeds ’n draaipunt bereik het.

Fourie monitor die dam- en riviervloeivlakke wat boere aan die Benede-Oranjerivier kan raak.

By Groblershoop sal die riviervloei na verwagting vandag (25 Januarie) sy hoogste vlak bereik.

Benede-Oranjerivier
Só het die Benede-Oranjerivier by Groblershoop op 23 Januarie gevloei. Foto: Wilco Fourie
Benede-Oranjerivier
Só het die Benede-Oranjerivier by Groblershoop op 23 Januarie gevloei. Foto: Wilco Fourie

“Die hoogtepunt van die watervloei by Upington word vir Donderdag teen 3 800 kumek (kubieke meter per sekonde) voorspel, maar dit gaan reeds môre baie naby daaraan draai. Die vlak by Upingtonbrug kan op die meeste nog so 20 cm styg,” het Fourie gesê.

Die departement se syfers wys die uitvloei by die Vanderkloofdam het gedraai. “Bloemhofdam se uitvloei word deur die loop van vandag verlaag van 2 000 kumek tot 1 400 kumek teen 14:00.” 

Dam- en vloeivlakke Dinsdagoggend

Die Vaaldam was Dinsdagoggend 106,2% vol, die Bloemhofdam 102,5%, die Gariepdam 110,1% en die Vanderkloofdam 109,5%.

By Katlani, die eerste meetpunt ná die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier, het die rivier vanoggend teen 3 761 kumek gevloei, by Prieska teen 3 817 kumek, Upington 3 600 kumek, Neusberg 3 347 kumek en Blouputs 3 042 kumek.

Benede-Oranjerivier
Pekanneutbome staan onder water by Groblershoop. Die foto is op 25 Januarie geneem. Foto: Wilco Fourie
Benede-Oranjerivier
Die Benede-Oranjerivier by Groblershoop, met die Sishen-Saldanha-spoorlyn in die agtergrond. Die foto is op 25 Januarie geneem. Foto: Wilco Fourie

“Ons is dankbaar dat die vloei onder 4 000 kumek kon bly. Hoewel daar plekke is waar die water in lande ingegaan het, is die skade nog baie beperk,” sê Fourie. “Ons het weereens bevestiging gekry van verskeie dele langs die rivier dat 4 000 kumek ’n redelike kritieke punt is. Bokant 4 000 kumek gaan heelwat meer boere skade begin ly.”

In die 2011-vloed het die riviervloei by Upington op 14 Januarie teen 4 734 kumek gedraai en die vorige dag by Prieska teen 4 723 kumek. 

Sluise by Vaaldam

Die departement het in ’n verklaring gesê twee sluise by die Vaaldam is vandag toegemaak nadat die watervlakke ’n beter bestuurbare volume bereik het nadat die water wat uitgelaat is.

Mnr. Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, het gemeenskappe stroomaf gevra om steeds waaksaam te wees.

“Die sluise is nog nie almal toegemaak nie, omdat damvlakke steeds hoog bly en water moet steeds uitgelaat word terwyl ons voortgaan om die stelsel te bestuur.

“Dit beteken dat die uitvloei en die water wat stroomaf vloei, steeds op hoë vlakke is. Almal moet steeds waaksaam wees en van die gebied af wegbly, vee en toerusting veilig uit die water se pad hou en seker maak dat lewens en lewensbestaan beskerm word,” het Ratau gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot