AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Vloede: Boere wat té laat geplant het, kry swaarste

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Brûe in dele van KwaZulu-Natal is oorstroom en onbegaanbaar. Foto: Verskaf
Brûe in dele van KwaZulu-Natal is oorstroom en onbegaanbaar. Foto: Verskaf
Boere wat teen einde verlede jaar té laat somergewasse geplant het, kry nou waarskynlik die swaarste nadat erge stormweer oor dele van KwaZulu-Natal uitgesak en vloede wyd oor die provinsie voorgekom het.

Só sê mnr. Herman de Wet, TLU SA se voorsitter in dié provinsie. Plase in die noordelike dele van KwaZulu-Natal het sedert Oktober al van 600 mm tot 1 600 mm reën gemeet. 

De Wet sê sommige boere het hierdie somer reeds dubbel hul normale reënval gekry. 

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die naweek en Maandag ’n oranje vlak 9-waarskuwing vir vloede in die ooste van KwaZulu-Natal uitgereik en nóg re?n word die week vir provinsies in die noorde en noordooste van Suid-Afrika voorspel. 

Intussen het die regering Maandagaand ’n nasionale ramptoestand afgekondig nadat vloede in dele van die Oos-Kaap, Mpumalanga, Gauteng, Limpopo, Noordwes, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap verwoesting gesaai het.

Huise is oorstroom, voertuie is deur vloedwater weggespoel en damme en rioolaanlegte loop oor. Verdere verliese word voorspel terwyl die re?nval voortduur.

reen,oorstromings,skade
Ten spyte van die skade op boere se plase, is sommige boere in KwaZulu-Natal verheug dat die riviere en damme vol is. Foto: Verskaf

Volgens die weerdiens kan die hoë reënval toegeskryf word aan die La Niña-weerverskynsel. Voorspellings dui daarop dat La Niña in die eerste deel van die jaar steeds sal voorkom en meer reën en laer temperature as gewoonlik word in somerreënstreke verwag.

Onsekerheid oor impak

Weens die swaar reën doen gewasse versuipskade op. Veeverliese kom ook voor, wat boerderye ’n ernstige knou kan gee.

“Dit is moeilik om nou reeds te sê wat die impak gaan wees van die stormweer op die boere se oeste en om ’n oeskatting te maak.”

De Wet sê die meeste boere se gewasse was reeds teen November geplant. Tog was daar boere wat ná November, en self teen Kersfees, eers geplant het. Hulle loop nou die gevaar loop dat hul gewasse gaan versuip, indien dit nie reeds gebeur het nie. 

Van die boere probeer om stikstof in die grond in te werk, maar die landerye en grondpaaie is só verspoel dat werktuie nie in die lande kan kom nie. 

“Nog ’n bekommernis vir ons streek is ryp. Die afgelope twee tot drie jaar het erge ryp in die winter weggebly. Maar met al die reën wat nou uitsak is dit moontlik dat ons weer ’n koue winter gaan kry met heelwat ryp.”

Mnr. Peter-John Hassard, president van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu), sê geen voorvalle is al aangemeld van ernstige skade weens die swaar reënval nie; hulle evalueer nog die situasie. 

Mpumalanga hou kop bo water

Swaar reën het die afgelope week in Mpumalanga se Laeveld geval.

Die riviere is in vloed, damme loop oor en hoewel hy glo daar sal boere wees wat skade ly, het hy nog nie van hulle gehoor nie, sê mnr. Moorrees du Toit, Mpumalanga Landbou se adjunkvoorsitter vir die Laeveldstreek.

 “Ons paaie verspoel. ’n Mens is altyd bang dat boere se damme breek, want dan begin hul droogte volgende week, maar in die algemeen is die reën tot dusver net goed vir ons en is ons baie dankbaar,” sê hy.

reen,oorstromings,skade
Modder en rotse het Sondag die N4 tussen Mahadodorp en Nelspruit versper. Een baan is intussen vir verkeer geopen. Foto: Verskaf.

Die reën het egter reeds sy tol op provinsiale en nasionale infrastruktuur begin eis. Die N4 wat Nelspruit in Mpumalanga met Gauteng verbind, is Sondag by Schoemanskloof gesluit nadat swaar reën tot erge rotsstortings gelei het. Daar was ook rotsstortings op die N4 naby Elandsvallei op pad na Waterval-Boven.

Me. Solana Soares Nicholson, woordvoerder van die TRAC, die maatskappy wat die N4-tolroete bedryf, het gesê die N4 is oop vir verkeer in albei rigtings by Elandsvallei en Schoemanskloof.

Die paaie is egter gedeeltelik versper deur rots- en modderstortings. Daar is daarom stop-rybeperkings op albei plekke wat verkeersvloei vertraag.

Die R40 tussen Witrivier en Hazyview is weer gedeeltelik geopen met stop-rymaatreëls nadat dit verlede week gesluit is toe die helfte van die pad weggesink het. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot