AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Vloede in Australië veroorsaak groot skade

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Skremgreep/Twitter
Foto: Skremgreep/Twitter
Die grootste landbouvereniging in Nieu-Suid-Wallis sê vloede in die noordweste van dié Australiese deelstaat het gewasse verspoel en koring ter waarde van meer as Aus$150 miljoen vernietig.

ABC berig dat gedeeltes van Moree, Gunnedah, Dubbo en Moama in Nieu-Suid-Wallis ontruim is aangesien 140 vloedwaarskuwings steeds geld. Volgens vroeë skattings het die vloede meer as 120 000 ha se koring vernietig. Die koring was so te sê gereed om geoes te word.

Die noordwestelike gedeeltes van Nieu-Suid-Wallis is ’n belangrike produksiegebied vir graan. Die streek produseer ook groot hoeveelhede gars en kanola. Gedurende die somer word katoen en sorghum daar aangeplant.

Die landbouvereniging doen ’n beroep op Australië se federale regering om ramphulp vir vloedskade te versterk. Volgens mnr. Justin Everitt, die vereniging se graanvoorsitter, moet ook in ag geneem word dat boere sowat Aus$42 miljoen bestee het om koring aan te plant aangesien insetkoste vanjaar buitensporig hoog is.

Indien die landerye nie binnekort uitdroog nie, sal vanjaar se oes volgens hom moontlik afgeskryf word. “ ’n Mens bestee al hierdie geld om die landerye voor te berei, jou gewasse te plant, bemes en besproei, net om toe te kyk terwyl dit ’n paar weke voor die oes uitgewis word. Dit breek jou hart,” het Everitt gesê.

“Boere weet hulle waag ’n kans as hulle ’n gewas aanplant, maar hierdie voortslepende nat weer met vloed ná vloed ná vloed is net ongelooflik.”

Me. Susannah Pearse, onderburgemeester van Moree Plains, sê die streek se buitengewone oeste is verwoes. “Dit is die vierde grootste vloed in ons geskiedenis,” het sy aan ABC gesê. “Dit is nie wat ons nodig het namate ons die oestyd vir wintergewasse nader nie. Dit sal ’n groot impak op ons gemeenskap hê, ons is baie afhanklik van die landbou.”

La Niña duur voort in Stille Oseaan

Volgens Australië se weerkantoor duur die La Niña-verskynsel in die tropiese Stille Oseaan voort en dui modelle op ’n terugkeer van neutrale omstandighede in die El Niño Suidelike Ossillasie (ENSO) vroeg in 2023. Die La Niña-verskynsel verhoog gewoonlik die kans op reënval in die noordelike en oostelike gedeeltes van Australië gedurende die lente en somer.

Die negatiewe Indiese Oseaan-dipool (IOD) sal volgens modelle tot laatlente voortduur voor dit vinnig sal verswak. Die negatiewe IOD verhoog gewoonlik die kans op bogemiddelde lentereënval vir die meeste van Australië se sentrale en oostelike gebiede.

Wanneer La Niña- en negatiewe IOD-omstandighede tegelykertyd voorkom, word bogemiddelde reënval in Australië waarskynliker, veral oor die oostelike helfte van die vasteland.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot