AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wat beteken goeie reën in Oktober vir die droë weste?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Jan Visagie op sy plaas Rooipoort in die Sutherland-distrik. Daar het 38 mm reën op dié plaas geval. Foto: Sybil Visagie.
Mnr. Jan Visagie op sy plaas Rooipoort in die Sutherland-distrik. Daar het 38 mm reën op dié plaas geval. Foto: Sybil Visagie.
Die lente en vroeë somerreën wat veral oor die sentrale en westelike dele van Suid-Afrika geval het, is uitsonderlik.

Die lente en vroeë somerreën wat veral oor die sentrale en westelike dele van Suid-Afrika geval het, is uitsonderlik. Vir die eerste keer in jare het daar verlede maand bogemiddelde reën oor groot dele van die binneland voorkom, wat ingesluit het die winterreënstreek en dele van die westelike en suidelike binneland, soos die baie droë Noord- en Oos-Kaap, wat al jare onder droogte gebuk gaan.

Die westelike en sentrale dele van die binneland kry tradisioneel eers later gedurende die somer reën, wanneer tropiese vog baie ver weswaarts oor Wes-Afrika suid- en suidooswaarts beweeg, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Hierdie gebiede slaan dikwels ’n seisoen of ’n hele paar seisoene sonder noemenswaardige reënval oor omdat die Atlantiese hoogdrukstelsel uit die weste baie sterk is. Dit demp reënvalaktiwiteite omdat sterk laagdrukstelsels nie ver genoeg weswaarts ontwikkel nie. “Tekenend hiervan is die sterk weste- en suidwestewinde wat waai met min of geen vog uit die koue Atlantiese Oseaan. DIt droog lugbeweging oor die dorre suidwestelike binneland verder uit. Verder ontstaan daar sterk laagdrukstelsels oor die warm Indiese Oseaan aan die ooskus van Afrika wat stygende lug veroorsaak en tropiese vog vanaf Sentraal-Afrika oos- en suidooswaarts daarheen laat beweeg en nie suidwaarts nie,” verduidelik Van den Berg.

Hy sê die afgelope paar maande het die stelsels begin verander met die westelike dele van die Indiese Oseaan wat ’n paar grade koeler as normaal is vir dié tyd van die jaar, terwyl ’n gedeelte van die Atlantiese Oseaan teen die Weskus warmer as normaal is. Gevolglik kan laagdrukstelsels makliker oor die sentrale tot westelike dele van die binneland ontwikkel en reën veroorsaak. Daarmee saam is daar ’n La Niña-verskynsel wat ontwikkel en ook die band van reën weswaarts laat ontwikkel, hoewel dit gewoonlik eers later in die somer plaasvind.”

Wat beteken dit vir die seisoen?

Om te verduidelik hoe die situasie die komende somer gaan beïnvloed, het Van den Berg die jare wat bogemiddelde reën in die distrik Upington in die Noord-Kaap voorgekom het, ontleed. Van 40 mm tot 50 mm is die afgelope Oktober daar gemeet, wat ver bogemiddeld is. Die langtermyngemiddelde reënval vir Oktober in Upington is 11 mm.

Volgens die historiese reënvalsyfers vir Oktober vir Upington het daar sedert 1915 net in nege ander jare ook meer as 30 mm reën in Oktober geval (dus, uitgesluit 2021). In byna al die maande wat gevolg het op seisoene met bogemiddelde reënval in Oktober, het daar ook bogemiddelde reënval voorgekom behalwe in die seisoene van 1963-’64 en 1991-’92, toe redelike sterk El Niño-stelsels geheers het.”

Van den Berg sê in slegs 37% van die jare het bogemiddelde reënval in Oktober voorgekom, terwyl daar in ongeveer 40% van die jare minder as 2 mm voorgekom het gedurende Oktober. “Dit lyk dus asof die meeste jare wat daar wel reën in Oktober voorgekom het, dit ver bogemiddelde reënval was.

“Met verdere reën wat oor die westelike dele verwag word, beteken dit ook dat die sentrale en suidoostelike binneland se kans goed is vir reën vir die res van die seisoen. Dit sluit dan die grootste deel van die Noord- en Oos-Kaap in, en selfs gebiede so ver as die Tuinroete en Suid-Kaap.”

Van den Berg sê wat die tradisioneel natter oostelike binneland betref, is voorspellings steeds gunstig vir die tydperk van November tot Januarie. “Vanaf ongeveer Februarie word waarskynlikhede vir reënval oor Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die noordelike dele van Limpopo minder. Met die ontwikkelende fase van die La Niña-stelsel is dit ’n baie gunstige sein vir bogemiddelde reënval oor die grootste deel van die somerreëngebied, hoewel dit teen die laat midsomer droër kan wees ooswaarts.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot