AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9670
44,00
CORN
03 Feb
-
4544
-56,00
SOYA
03 Feb
-
9300
-30,00
SUNS
03 Feb
-
11140
-221,00
WEAT
03 Feb
-
6685
-43,00
WMAZ
03 Feb
-
4292
-37,00
YMAZ
03 Feb
-
4390
-31,00

Weerdiens waarsku oor hitte in die Noord-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Charné Kemp
Foto: Charné Kemp
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat baie warm tot uiters warm toestande in die Noord-Kaapse binneland vandag sal voortduur.

Netwerk24 het gister berig dat vyf plaaswerkers van Kakamas weens hitte-uitputting oorlede is. ’n Sesde werker is gehospitaliseer. Landbou.com het vroeër hierdie week berig dat die hittegolf moontlik tot môre (Saterdag 21 Januarie) sal voortduur.

Volgens die weerdiens sal dit bewolk langs die provinsie se kus wees en gedeeltelik bewolk in die binneland. Los donderbuie word vanmiddag in die noordoostelike gedeeltes van die provinsie verwag.

Die weerdiens het ’n geel vlak 2-waarskuwing vir ernstige donderstorms met moontlik skade weens wind, hael en erge reënbuie vir die oostelike gedeeltes van die Oos-Kaap, asook die westelike gedeeltes van KwaZulu-Natal voorspel.

Warm toestande word vir die noorde van Gauteng verwag. Verder voorspel die weerdiens gedeeltelik bewolkte toestande met los buie en donderbuie in die middae.

Gedeeltelik bewolkte en warm tot baie warm toestande met los buie en donderbuie word vanmiddag vir Mpumalanga se Hoëveld voorspel, terwyl uiters warm toestande vir die Laeveld voorspel word.

Die weerdiens voorspel gedeeltelik bewolkte en baie warm toestande met los buie en donderbuie in die suidwestelike gedeeltes van Limpopo, Noordwes en die Vrystaat vanmiddag.

Baie warm toestande word vir die Wes-Kaapse binneland voorspel, terwyl dit koel tot warm en gedeeltelik bewolk in die ooste van die provinsie sal wees. Oggendmis sal teen vanaand van die Weskus na die Suid-Kaap versprei. Die weerdiens voorspel ’n ligte tot matige suidelike tot suidoostelike wind, wat vanmiddag ’n suidwestelike tot westelike wind sal word.

Die Oos-Kaap sal gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met los buie en donderbuie in die verre oostelike gedeelte van die provinsie vanmiddag. Die weerdiens voorspel ’n ligte tot matige suidwestelike wind wat vanmiddag ’n vars oostelike wind sal word.

Gedeeltelik bewolk

Die weerdiens voorspel gedeeltelik bewolkte en warm toestande vir KwaZulu-Natal, behalwe vir die noordelike gedeeltes van die provinsie waar dit baie tot uiters warm sal wees. Verspreide buie en donderbuie word vir vanmiddag vir die suidelike en westelike gedeeltes van die provinsie voorspel met los buie in die noordoostelike gedeeltes van die provinsie.

* Hoe lyk die weer in jou provinsie vandag? Stuur jou weerfoto’s na nuus@landbou.com.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.15
-0.4%
Rand - Pond
20.91
-0.0%
Rand - Euro
18.69
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,024.81
-0.0%
Palladium
1,673.29
+0.2%
Goud
1,913.57
+0.1%
Silwer
23.42
-0.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,440
-0.3%
Alle aandele
79,610
-0.2%
Hulpbronne 10
74,329
-0.5%
Industriële 25
102,542
-0.1%
Finansiële 15
16,490
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot