
Volgens die geel vlak 4- en oranje vlak 6-waarskuwing sal verspreide tot wydverspreide reën- en donderbuie Vrydag oor die bogenoemde gebied voorkom. Dieselfde waarskuwing is vir die Wes-Kaap uitgereik waar reën- en donderbuie Saterdag veral oor die sentrale en suidelike gedeeltes van die provinsie verwag word.
Yellow level 4 and Orange level 6 warning: Thunderstorms: Northern and Western Cape: 16 December 2022 pic.twitter.com/Hc9q5h5xJW
— SA Weather Service (@SAWeatherServic) December 14, 2022
Die weerdiens voorspel dat Vrydag en Saterdag se buie met neerslae van 20 mm tot 30 mm en sterk wind van 50 km/h tot 60 km/h of selfs tot 80 km/h gepaard kan gaan.
Die weerdiens maan veral boere om op die waarskuwings te let aangesien die
weersomstandighede tot die verlies van vee, gewasse en produksie kan lei omdat
weerlig en groot hoeveelhede klein haelkorrels verwag word.
Intussen is ’n geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir swaar donderstorms met die moontlikheid van sterk wind, groot hoeveelhede klein haelkorrels en swaer neerslae vandag vir die oostelike Hoëveld en platorand in Mpumalanga.
Dié weersomstandighede kan volgens die weerdiens tot vanaand voortduur vanweë ’n afsnylaagdrukstelsel wat langs die suidooskus van die land beweeg. Die weerdiens waarsku dat vloede veral in laaggeleë gebiede kan voorkom.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.