AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Weerdiens waarsku teen swaar reën en vloede in KwaZulu-Natal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pierre van Eeden
Foto: Pierre van Eeden
KwaZulu-Natal asook gedeeltes van Mpumalanga en Limpopo moet hulle staal teen swaar reën met moontlike vloede, lewensgevaarlike toestande en gepaardgaande skade wat vanaf vandag kan voorkom.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gister (Woensdag 4 Januarie) ’n oranje vlak 9-waarskuwing uitgereik rakende verwagte wydverspreide buie en donderbuie met meer as 50 mm reën in die Ethekwini-metrogebied (Durban), die plaaslike munisipaliteite Mkhambathini, Richmond en Msunduzi, die distrik Ilembe, die oostelike gebiede van die distriksmunisipaliteit King Cetswayo en dele van die distriksmunisipaliteit Mkhanyakude in KwaZulu-Natal.

Weerwaarskuwing Vlak 9
Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens

Ontwrigtende reën word verwag wat kan lei tot wydverspreide oorstroming van paaie en nedersettings, lewensgevaarlike toestande,  skade aan eiendom, wydverspreide modderstortings, rotsstortings en gronderosie. Dit kan ook veroorsaak dat groot gemeenskappe van die buitewêreld afgesny word en kan vervoerroetes en reisdienste erg raak.

Die weerdiens het ook ’n oranje vlak 5-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën wat kan lei tot vloede in informele en formele nedersettings in die oostelike dele van Mpumalanga, die binneland van KwaZulu-Natal en die verre oostelike dele van die Oos-Kaap. Hoofroetes kan geraak word en sommige gemeenskappe kan van die buitewêreld afgesny word. Die toestande sal môre (Vrydag) voortduur.

Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens
Weerwaarskuwings Vlak 5 Mpumalanga
Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens

’n Geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir plaaslike vloede in informele nedersettings en swak sig op paaie in die sentrale en suidelike dele van Limpopo, die westelike dele van Mpumalanga, die verre oostelike dele van die Vrystaat en dele van die Oos-Kaap.

Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens
Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens
Weerwaarskuwing Vlak 2 Mpumalanga
Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens

Die instelling het ook ’n oranje vlak 9-waarskuwing vir swaar ontwrigtende reën en wydverspreide vloede vanaf vandag om 18:00 tot môre midderdag vir die oostelike dele van die Wildekus en die aanliggende binneland in die Oos-Kaap uitgereik. Die plaaslike munisipaliteit Mbashe en die kusgebiede van die distriksmunisipaliteite Alfred Nzo en OR Tambo word geraak.

Weerwaarskuwing Vlak 9 Oos-Kaap
Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.89
+1.0%
Rand - Euro
18.63
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,652.17
-1.0%
Goud
1,913.50
-1.9%
Silwer
23.47
-2.1%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Kom Ons Gesels😁
Ek is n moeilieke meisie, maar watter meisie is nie??? Ek het twee pragtige dogtertjies, so meeste van my tyd word saam hulle spandeer😁 Ek hou van dans maar het nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot