AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Weertoestande dui op ’n goeie landbouseisoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Jean-Marie de Waal
Foto: Jean-Marie de Waal
Die somerseisoen het gunstig begin met goeie, vroeë seisoenale reën reg oor die land.

Weertoestande is die belangrikste faktor wat die landbousektor se sukses en bydrae tot die ekonomie bepaal. Die somerseisoen het gunstig begin met goeie, vroeë seisoenale reën reg oor Suid-Afrika en voorspellings dat ’n La Niña-fase voorkom, sê mnr. Paul Makube, senior ekonoom van FNB Agribesigheid.

Gunstige weervoorspellings en sterk kommoditeitspryse het boere oortuig om meer somergraan- en oliesaadgewasse in die 2021-’22 seisoen aan te plant. Die verwagte oppervlakte onder somergraan is tans ongeveer 3,12 miljoen ha, ’n toename van 7% teenoor die 2020-’21-seisoen.

Volgens Makube kan die Suid-Afrikaanse landbousektor ’n rekordoes – ongeveer 17 miljoen ton mielies en 2,22 miljoen ton sojabone –  insamel as die gunstige toestande voortduur.

Na verwagting sal alle landboukommoditeite gedurende die 2021-’22-produksieseisoen beter as normaalweg presteer. Dit volg op ’n uiters suksesvolle 2020-’21-seisoen vir plaaslike uitvoerbedrywe.

In die derde kwartaal van 2021 het die vraag na uitvoerprodukte, onder meer mielies, sitrus, wyn, suiker, neute en ander vrugte, met ’n bykomende 8% gestyg ten spyte van ’n moeilike handelstydperk gedurende die Julie-onluste en die voortdurende covid-19-pandemie, sê Makube. Mielie-uitvoer het met 32% toegeneem vergeleke met die vorige kwartaal.

Tog het Statistieke Suid-Afrika ’n onaangename verrassing vir die landbousektor gehad met die aankondiging dat die landbousektor se uitsette met 13,6% gekrimp het en sy bydrae tot die bruto binnelande produksie met ’n 0,4-persentasiepunt gedaal het. Landbou-ekonome meen dit is nie iets om oor bekommerd te wees nie.

Volgens Makube sal die landbousektor in die laaste kwartaal van die jaar terugbons en ’n verwagte groeikoers van 7% vir die jaar behaal danksy hoër kommoditeitspryse en die vooruitsig van nog ’n uitstekende landbouseisoen. Hoër kommoditeitspryse sal boere egter ook onder druk plaas weens die stygende koste van brandstof en voer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.58
+0.4%
Rand - Pond
21.18
+0.3%
Rand - Euro
18.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
972.03
-0.2%
Palladium
1,648.06
+3.1%
Goud
1,869.04
+0.1%
Silwer
22.13
-0.6%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot