AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9821,2
47,20
CORN
30 Mrt
-
4514,6
-15,40
SOYA
30 Mrt
-
8200
-43,00
SUNS
30 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
30 Mrt
-
6676
-3,00
WMAZ
30 Mrt
-
3841
-10,00
YMAZ
30 Mrt
-
4055
-11,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Winter se eerste ryp soos ‘waarskuwingskote’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ryp het Dinsdag, 26 April 2022, ook in die distrik Vierfontein in die Vrystaat voorgekom. Foto: DJ van der Linde
Ryp het Dinsdag, 26 April 2022, ook in die distrik Vierfontein in die Vrystaat voorgekom. Foto: DJ van der Linde
Die eerste strawwe ryp van die winter het die week oor dele van die land begin voorkom.

Die eerste strawwe ryp het vandeesweek in die Vrystaat voorgekom. Produsente het ligte ryp in dele van die Noord-Kaap as “waarskuwingskote” beskryf wat hul laat aanplantings van somergewasse kan knou.

Veral die laaggeleë dele van die Suid-Vrystaat langs riviere het gister (27 April) deurgeloop.

Mnr. Roelf Jacobs van Mentorskraal, Wepener, ’n oudbestuurslid van Vrystaat Landbou, sê strawwe ryp het in die laaggeleë dele by die Caledonrivier voorgekom. “Dit was ons eerste strawwe ryp van die komende winter. Dit het ’n gunstige uitwerking op die ryp somergewasse, maar benadeel die mielies en sojabone wat laat aangeplant is en dus nog nie fisiologies ryp is nie.”

Volgens hom kon baie produsente in die sentrale dele van die Vrystaat wat weens die nat toestande hul gewasse laat aangeplant het, nog nie in die landerye kom om te stroop nie. Die meeste van Jacobs se mielie- en sojanoonoes is al fisiologies ryp, maar hy het sowat 10% skade gely, waarvan die meeste aan versuiptoestande toegeskryf kon word. Sy gewasse word hoofsaaklik uit die Caledonrivier besproei. Die droëlandsojabone waarmee hy die nat toestande wou benut, lyk belowend.

“Ligte ryp het die afgelope twee weke begin voorkom, wat met die algemene voorkoms van ryp teen middel April strook.”

Hy verwag ’n koue winter en bonormale nat toestande teenoor ander jare met selfs die voorkoms van sneeu. Die gemiddelde reënval op sy plaas is 380 mm tot 420 mm per jaar, maar hy het sedert Augustus 2021 tot die laaste neerslag van 37 mm tydens die naweek van 24 April reeds 570 mm aangeteken.

Op Mentorskraal is die toestande nog te nat en na gelang van die voorspelling van reën oor die naweek van 29 April kan die oesproses met minstens 14 dae uitgestel word.

“Die kommoditeitspryse vir die somergewasse is gunstig vir die produsente wat hul mielies, soja en sonneblomme kan lewer, wat op sy beurt ’n ongunstige uitwerking het op die veebedryf, wat ook voor probleme soos bek-en-klouseer te staan kom,” sê Jacobs.

ryp
Foto: DJ van der Linde
ryp
Foto: DJ van der Linde
ryp
Die eerste ryp van die 2022 winter lê op sonneblomme in die distrik Vierfontein. Foto: DJ van der Linde

Noord-Kaap

In die Noord-Kaapse besproeiingsgebied langs die Oranjerivier het ligte ryp die afgelope twee dae voorgekom.

Een van dié besproeiingsprodusente, mnr. Hannes Bruwer, van die plaas Alfalfa en ’n lid van die Genade-boerdery, sê die mielies wat ná Kersfees geplant is, benodig nog sowat drie weke se rypvrye groei. Sowat 300 ha mielies van die boerdery se 3 500 ha is onderhewig aan die risiko van laaggeleë landerye.

Volgens hom het strawwer ryp in die rigting van Vanderkloof voorgekom.

Noordwes

Noordwes het kol-kol ryp gekry.

Mnr. Kierie Barnard, chemikalie-en-voedingsraadgewer by Midchem NWK vir die Sannieshof-omgewing, sê sommige boere het ryp gekry, maar nog nie baie nie.

“In dié stadium lyk dit nog net na skroei en nie daardie swart ryp wat alles doodmaak nie. Ek was vanoggend by ’n mielieboer by Hartsrivier wat redelik strawwe ryp gehad het, maar dis moeilik om die skade te bepaal. ’n Mens sien dit eers ’n dag of twee later.”

Hy sê die boer se probleem is dat sy mielies nog plek-plek groen is en dis dan wanneer die kans op skade groter is.

“Die meeste graan is nou al ryp genoeg dat dit nie meer erg deur die ryp geraak word nie. Hoe harder die mieliepitte, hoe kleiner is die kans op skade. Sonneblom is gelukkig nie so gevoelig vir ryp nie.”

Grondboontjieboere by Mareetsane in Noordwes het aan Landbou.com gesê hulle het ryp gehad, maar dit lyk nie of daar skade is nie. Blare is net geskroei en die stingels is steeds groen. Die ryp het nie op die oomblik ’n effek op die peule in die grond nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
+0.2%
Rand - Pond
22.34
-0.2%
Rand - Euro
19.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
967.60
-0.1%
Palladium
1,433.34
-1.1%
Goud
1,966.16
+0.1%
Silwer
23.60
+1.1%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,407
+0.8%
Alle aandele
77,033
+0.7%
Hulpbronne 10
67,768
+1.7%
Industriële 25
103,774
+0.5%
Finansiële 15
15,680
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot