Langertermynneigings toon dat die natter siklus wat van 2018 af oor die winterreënstreek begin voorkom het, besig is om te verander met droër toestande wat in die komende paar jaar verwag word, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.
Daar is wel hoop vir tydelike verbetering in 2024, met projeksies wat tans dui op ’n El Niño-verskynsel wat dan reënvaltoestande tydelik sal kan verbeter. ’n El Niño-stelsel is dikwels verantwoordelik vir redelik goeie reënvaltoestande in veral die eerste deel van die winter.
Winter 2022