
By die duurste ram wat R20 000 behaal het, is, van links, mnre. Brent de Koning van OVK, me. Celia en mnr. Boet Steenkamp en mnr. Vince Pike, afslaer.
Mnr. Boet en me. Cecilia Steenkamp het puik teelmateriaal op hul produksieveiling van diere uit hul Dohne-Merino-stoetery Olea op die plaas Strydfontein, Barkly-Oos, aangebied
Die ram is mnre. Schalk en Desmond Cloete van WDS Agri, Barkly-Oos, verkoop. Ramme het gemiddeld R7 006 behaal. OVK het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted