Staande, van links, is mnre. André van Zyl (afslaer), Tjaart Steenekamp en sy seun, Lochner, en mnr. Mario Kruger van Vleissentraal. Hurkend, van links, is mnre. Mitch Turner (koper) van Cedarville, Tsepo Falatsa en Henri Naudé van BKB.
Goeie pryse is op die produksieveiling van die Dormer-stoetery Twee Broers van mnre. Steyn en Tjaart Steenekamp op die plaas Lower Orpendale, Barkly-Oos, behaal.
Goeie teelmateriaal was beskikbaar. Die duurste dier was dié ooi wat R60 000 behaal het. Stoetooie het gemiddeld R14 500 behaal, stoetramme gemiddeld R10 387, kudderamme gemiddeld R5 558 en kudde-ooie gemiddeld R3 371. Vleissentraal het die veiling aangebied.Foto: Gavin Isted
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.