
By die ram is van agter, links: mnre. Stephan Nel sr. en jr., Jannie Schlebusch, me. Teresa en mnr. Stephanus Naudé (kopers vir Tussen Berge, Lady Grey), mnre. JP Marais (afslaer) en Dieter Schutte van BKB; voor: Mnre. Jovaan Cloete en Henri Naude van BKB.
Goeie teelmateriaal was op die Merino-stoetery Bergplaas van mnr. Stefan Nel op die plaas Prospect, Barkly-Oos, te koop.
Die duurste ram is vir R115 000 verkoop. Ramme het gemiddeld R13 178 behaal. BKB het die veiling aangebied.Foto: Gavin Isted