By die ram is, staande van links, mnr. Mike van den Berg van BKB, me. Martelize en mnr. Theuns Swart, mnr. Corné en me. Stephanie de Klerk en hul seun, Bernu, mnr. Pretorius. Hurkend, van links, is mnre. Danie Strauss, afslaer, en Henri Naudé van BKB.
Die veiling van die Tussen Berge-groep op die plaas Roodepoort van mnr. Francois Pretorius, Barkly-Oos, het ‘n puik hoogste prys van R120 000 vir ‘n Merinoram opgelewer.
Die koper van die duurste dier was mnr. T.R. Swart van Kromdraai, Barkly-Oos. Die ramme was in goeie kondisie ten spyte van die droogte verlede jaar en het gemiddeld R10 626 behaal. Ooie het gemiddeld R1 793 behaal en hamels gemiddeld R1 500. Die vennote in die groep is mnre. Pretorius, Frikkie en Jannie Schlebusch, Francois Nel, Stephanus en Peet Naudé en Cobus Botha. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.