By die ram is, van links, agter: mnre. Peet Naudé (verkoper), Frans van Rooyen (koper), Jovaan Cloete van BKB, Francois van Rooyen (koper), Stephanus Naudé (verkoper) en JP Marais (afslaer); voor: mnre. Marx van Rooyen met Frans jr. en Henri Naudé van BKB.
Merino-ramme is opgeraap op die produksieveiling van die Tussen Berge-groep op die terrein van die Clifford-boerevereniging, Barkly-Oos. Die groep behoort aan mnre. Francois Pretorius, Jannie Schlebusch, Francois Nel, Stephanus, Donie en Peet Naudé, en Cobus Botha. Die duurste ram is vir R32 000 verkoop. Die ramme het gemiddeld R8 281 behaal. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.