By die ram is, van links, mnre. JP Marais, afslaer, Peter Cloete (koper) van die Pine Grove-stoetery, Dordrecht, Pretorius, David Cloete (koper) en Henri Naude van BKB.
Merino-ramme is opgeraap op die produksieveiling van die Tussen Berge-groep op die plaas Roodepoort, Barkly-Oos, van mnr. Francois Pretorius.
Die groep behoort aan mnre. Pretorius, Frikkie en Jannie Schlebusch, Francois Nel, Stephanus en Peet Naudé, en Cobus Botha. Die duurste ram is teen R36 000 verkoop. Die Cloetes het ook die naasduurste ram teen R28 000 gekoop. Ramme het gemiddeld R12 540 behaal. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.