By die duurste ram is, van links, mnre. Danie Strauss, afslaer, Botha (koper) van Barkly-Oos, Pretorius (verkoper) en Henri Naudé van BKB.
Baie goeie pryse is op die veiling vir die Tussen Berge-groep op die plaas Roodepoort van mnr. Francois Pretorius, Barkly-Oos, betaal.
Die groep bestaan
uit mnre. Pretorius,
Frikkie en Jannie Schlebusch, Francois Nel, Stephanus en Peet Naudé en Cobus
Botha. Die duurste ram
is teen R67 000 verkoop, terwyl ramme gemiddeld R13 349 behaal het. Ooie het gemiddeld R1 881 behaal en hamels
gemiddeld R1 396. Die naasduurste ram is teen R52 000 aan mnr. H.P. Naudé van
Barkly-Oos verkoop. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.