Op die produksieveiling van mnre. Cecil en Henk van der Merwe se Dohne-Merino-stoetery Hencil op hul plaas Grootvlei in Barkly-Oos is 'n ram teen die hoogste prys van R40 000 verkoop.
By die duurste ram is, van links, mnre. André van Zyl, afslaer, Boeta Wessels, koper van Bredasdorp, Koos Louw van CMW, Cecil van der Merwe sr., Henri Naudé van BKB, Henk en Cecil van der Merwe jr. Ramme het gemiddeld R7 690 stuk behaal. CMW het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.