Van links, agter: mnre. Cobus Church en Philip Heyns (kopers), Jan van der Walt van BKB, Andries Marx, Gideon Hayward en Frans Marx; voor: JP Marais (afslaer) en Frans Marx jr.
Puik teelmateriaal was op een van die voorste Dohne-Merino-stoetery in Suid-Afrika, FEM van mnre. Frans en Andries Marx, se produksieveiling op die plaas Sewefontein, Burgersdorp, beskikbaar.
Kopers het van ver gery om van die teelmateriaal in die hande te kry. Twee ramme is vir die hoogste prys van R80 000 elk verkoop. Die kopers is mnre. G.P. Joubert van Burgersdorp en J. Church van Rouxville. Ramme het gemiddeld R17 085 behaal en dragtige ooie gemiddeld R2 651. BKB het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.