‘n Goeie gemiddelde prys van R14 441 is vir 34 geregistreerde SA Vleismerinoramme op die 27ste produksieveiling van die Janvos-landgoed, Davel, behaal.
‘n Goeie gemiddelde prys van R14 441 is vir 34 geregistreerde SA Vleismerinoramme op die 27ste produksieveiling van die Janvos-landgoed, Davel, behaal.
Die duurste ram is teen R28 000 aan mnr. Koos Jordaan van Amersfoort verkoop. Van links is dr. Vos Grey en sy seun, Jan, verkopers, mnre. Nico Langeveldt, afslaer, en Theuns Botha van BKB Van Wyk. Ooie het gemiddeld R3 876 behaal, kommersiële ooie (dragtig met tweelinge) gemiddeld R3 416 en dragtige kommersiële ooie gemiddeld R2 925. BKB Van Wyk het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.