Staande, van links, is mnre. JW Louwrens, Frik Verster, afslaer, dr. Vos en mnr. Jan Grey. Hurkend, van links, is mnre. Theuns Botha van BKB Ermelo en Daandre Coetzee van BKB Standerton.
Die 29ste produksieveiling van dr. Vos Grey se SA Vleismerinostoetery Janvos op die plaas Brakfontein, Davel, het goeie pryse opgelewer.
Die duurste ram (9072JVG) is teen R37 000 aan mnre. Manie Louwrens en Seun van Standerton verkoop. Altesame 32 ramme het gemiddeld R19 226 behaal. Die duurste dragtige stoetooi (9138JVG) is teen R12 000 aan mnr. Johan de Jager van die Jagerskraal-stoetery, Bethal, verkoop. Tien stoetooie het gemiddeld R9 050 behaal. BKB Van Wyk Standerton het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.