
By die ram is, van links, mnre. JP Marais (afslaer), Milton Green (koper), Pat Vorster en Henri Naudé.
Bekostigbare teelmateriaal uit die Merino-stoetery Morriston was op die produksveiling van mnr. Pat en me. Anne Vorster op hul plaas Glenetive, Elliot, bekombaar.
Die duurste ram is vir R32 000 aan die Loskop-boerdery, Barkly-Oos, verkoop. Ramme het gemiddeld R8 782 behaal en ooie gemiddeld R2 040. BKB het die veiling aangebied.