Die duurste ram is teen R50 000 verkoop en die vyf duurste Merinoramme is teen meer as R30 000 stuk verkoop. By die duurste ram is, van links, mnre. Danie Strauss, Corné de Klerk, koper, van Barkly-Oos, Koos Louw van OVK, Pat en Sarel Vorster en Henri Naudé van BKB.
Kopers het van ver gery om die jaarlikse produksieveiling van mnre. Pat en Sarel Vorster se Morriston-stoetery naby Elliot by te woon.
Ramme het gemiddeld R15 380 behaal, stoetooie gemiddeld R2 181 en kudde-ooie gemiddeld R1 748. Die stoetery is bekend vir ramme met goeie, sterk wol. BKB het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.