
Mnre. Isak Nel en seuns het die stoetery gekoop. Dit sal steeds as die Hartebeesfontein Merino-stoetery bekend staan. Die duurste ram is teen R45 000 aan mnre. Willem en Nicolaas Bester van Heilbron verkoop. Staande, van links, is mnre. Nicolaas en Willem Bester, Henry Naudé van BKB en Jan Mostert, afslaer. Hurkend, van links, is mnre. Strydom en Danie de Wet van BKB. Die naasduurste ram is deur mnr. Willie Venter van Frankfort teen R37 500 gekoop. Altesame 46 ramme is teen gemiddeld R15 119 stuk verkoop. BKB Louwid Frankfort het die veiling aangebied.