Altesame 33 Merinoramme is met die stilveiling-metode op die Van Pletzen-stoetery se produksieveiling naby Jamestown verkoop.
Die duurste ram is deur mnr. Herman van Heerden (middel) van Burgersdorp teen R10 000 gekoop. By hom is mnre. Jan van der Walt (links) van BKB en Ras van Pletzen. Ramme het gemiddeld R4 960 stuk behaal. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted
Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!