
Op die 93ste Konsortium-Merinoveiling op die plaas Felix, Dordrecht, is die duurste ram vir R39 000 aan mnr. Dallas Bradfield van Dordrecht verkoop. Altesaam 94 ramme is vir gemiddeld R10 436 verkoop, terwyl 36 ramme op die stilveiling vir gemiddeld R5 792 verkoop is. Dragtige ooie het gemiddeld R2 223 behaal en 162 nie-dragtige ooie gemiddeld R1 628. Sheard Afslaers het die veiling aangebied.
Op die 94ste veiling op Dombietersfontein, Victoria-Wes, is slegs ramme aangebied. Die duurste ram is vir R35 000 aan mnre. De Wet en Harry Vogel van die Zoncop-boerdery, Dewetsdorp, verkoop. Altesame 196 ramme is op die gewone veiling vir gemiddeld R13 959 verkoop, terwyl 225 ramme op die stilveiling gemiddeld R7 076 behaal het. Vleissentraal Port Elizabeth het die veiling aangebied.
Op die groep se 95ste veiling op Geduldsfontein, Steynsburg, is die duurste ram vir R36 000 aan mnr. Wilko Klingenberg van Lüneburg verkoop. Altesaam 91 ramme is vir gemiddeld R11 951 verkoop, terwyl 80 ramme op die stilveiling gemiddeld R6 250 behaal het. Altesaam 797 handelsmerkooie (pienk oorplaatjies) en nie-dragtige tweetandooie is vir gemiddeld R2 714 verkoop, terwyl 133 ooie met pers oorplaatjies (goedgekeur deur KM) gemiddeld R1 859 behaal het. Vleissentraal Port Elizabeth het die veiling aangebied.