
Die duurste ram is teen R46 000 verkoop. By die duurste ram is, van links, mnre. Jan van der Walt en Gary Trethewey, albei van BKB, John Miller van Cathcart, koper, JJ van der Watt, afslaer, en Ras van Pletzen. Ramme het 'n puik gemiddelde prys van R16 693 stuk behaal. Die naasduurste ram is teen R44 000 aan mnr. T. du Plessis van De Aar verkoop. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted