By die ram is, van links, staande: mnre. David Birch (plaasbestuurder van Buffelsfontein), Grant en Robbie Stretton, Scott Pringle en Matthew Morgan (kopers) van Adelaide en JP Marais (afslaer); hurkend: mnre. Gary Trethewey, Elethu Ngongoshe, Chicken Jokiwe en klein Quinn Morgan.
Mnre. Robbie en Grant Stretton het goeie teelmateriaal op hul produksieveiling van diere uit hul Merino-stoeterye Top Tier en Stormberg op die plaas Buffelsfontein, Molteno, aangebied.
Top Tier en Stormberg is al langer as 30 jaar ggerig op die groeptelingstelsel. Dié stoeterye het in 2015 saamgesmelt en word op die Strettons se plase bestuur. Die ramme is veld-Merinos en is grootgemaak met minimale bykomende voeding. Die duurste ram is vir R16 000 verkoop.Ramme het gemiddeld R5 798 behaal, ooie gemiddeld R1 827 en dragtige ooie gemiddeld R2 487. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.