By die duurste ram is van links, agter: mnre. Danie Strauss, afslaer, en Niel van Pletzen (koper van die duurste ram) van Aliwal-Noord; voor: mnre. Chicken Jokiwe, Robbie Stretton, Gary Trethewey en Jan van der Walt (albei van BKB), David Birch (plaasbestuurder) en Grant Stretton.
Die gesamentlike veiling van die Merinostoeterye Top Tier en Stormberg op die plaas Buffelsfontein, Molteno, het goeie pryse opgelewer.
Dié stoeterye word sedert 2015 op mnr. Robbie Stretton se plase bestuur. Die duurste ram is teen R21 000 verkoop, terwyl die naasduurste ram R20 000 behaal het. Die ramme is veld-Merino’s en is grootgemaak met min byvoeding. Hulle het medium- tot fyn wol. Die naasduurste ram is deur mnr. Matthew Morgan van Tarkastad gekoop. Ramme het gemiddeld R7 611 behaal. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.