Altesame 30 Stormbergerbulle is op mnre. Paul Mortlock, Robbie Stretton en John Daly se veiling op die plaas Buffelsfontein, Molteno, teen gemiddeld R26 000 stuk verkoop.

Dié Stormbergerbul is teen die hoogste prys van R42 000 aan mnr. Riaan Botha van Molteno verko0p. By die bul is, van links, mnre. Erwin Church, konsultant, Paul Mortlock, Botha, koper, Robbie Stretton en John Daly. Die hoogste prys vir dragtige koeie was R9 800. Die veiling is deur Elliot-broers gehanteer en die afslaer was mnr. Jeremy Pearson.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.