
Van links is mnre. FC Bester, Jan Hugo van BKB en Jan Hendricks.
Mnre. FC en Jandré Bester se aanbod van 94 Dohne-Merino-ramme is uitverkoop op hul jaarlikse Corsando-produksieveiling op die plaas Kruispad naby Moorreesburg.
Die duurste ram is teen R30 000 aan mnr. A.A. Brand van Velddrif verkoop. Ramme het gemiddeld R15 117 behaal. BKB Wes-Kaap het die veiling aangebied en mnr. Carl Malherbe was die afslaer.