Van links, agter: mnre. Andries Nel, Evan Hartley van OVK, Izak Nel, Bibbey en Andrew Miller (afslaer); voor: mnre. Jaco Saaiman van OVK en GB Nel.
Die Letsatsi-wildreservaat naby Smithfield was die gasheer vir die produksieveiling van mnre. Izak, Andries en GB Nel se Merino-stoetery Hartebeesfontein.
Goeie teelmateriaal was te koop en die hoogste prys was R50 000 wat deur mnr. Fred Bibbey van Frankfort betaal is. Ramme het gemiddeld R9 333 behaal, ooie gemiddeld R2 200 en dragtige ooie gemiddeld R2 460. OVK het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.