Staande, van links, is mnre. Dirco Bezuidenhout van BKB, Masupha Seeiso, koper, Eddie Prinsloo, Quintin Vorster van SwiftVee, Sarel Myburgh, afslaer, en Eduard Prinsloo. Hurkend, van links, is mnre. Russel Luck van SwiftVee en Pampoe Mona, hanteerder.
Die Merino-stoetery Heuningkrans van mnre. Eddie en Eduard Prinsloo, Smithfield, het ’n gemiddelde prys van R11 772 per ram vir die aanbod van 97 ramme op sy 41ste produksieveiling behaal.
Die duurste ram is teen R65 000 aan die koningshuis van Lesotho verkoop. Altesame 133 ooie met ooilammers het gemiddeld R1 471 behaal, en ooie gemiddeld R1 361. Die veilings is deur BKB (Sentraal) aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.