Die duurste dier op die 30ste produksieveiling van die Joubertsvlei-boerdery is teen R10 750 aan die Pretcron-boerdery verkoop.
Altesame 23 ramme is teen gemiddeld R4 500 stuk verkoop, terwyl 250 Merino-ooie, dragtig geskandeer, gemiddeld R1 575 stuk behaal het. Van links is mnre. Johan en Naas Steyn, verkopers, Floors Boshoff van die Pretcron-boerdery, PM Swart, afslaer, en July Kubeka, hanteerder. CMW / OVK het die veiling aangebied.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.