Staande, van links, is mnre. Mario Kruger van Vleissentraal Port Elizabeth, Jacques Esterhuizen van Konsortium-Merino, Uys en Cobus Vivier, Konsortium-Merino stoetraadgewer. Hurkend, van links, is mnre. Hannes Esterhuizen, Konsortium-Merinoteler van Victoria-Wes, Vuvi Tatubane en Jakkie Nel, afslaer.
Die Konsortium-Merino-groep het sy ramverkope vanjaar op ‘n hoogtepunt afgesluit. Die totale aanbod van 1 018 ramme is op ses veilings vir gemiddeld R11 942 verkoop.
As die 40 ramme bygevoeg word wat die groep einde September aan kleinboere in die voormalige Transkei verskaf het, het hy vanjaar 1 058 ramme vir gemiddeld R11 717 aan boere reg oor Suid-Afrika verskaf. Die ram op die foto is op Konsortium-Merino se 91ste veiling op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes, vir die hoogste prys van R50 000 verkoop. Mnr. Pikkie Uys van Gryshoek, Wakkerstroom, het hom gekoop. Al 163 ramme is teen gemiddeld R18 049 verkoop. Die naashoogste prys was R45 000 wat mnr. Roelof Theron van die Mikneiah-boerdery, Murraysburg, betaal het. Vleissentraal Port Elizabeth het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.