Agter, van links, is mnre. Gaffel du Plessis, bedryfsbestuurder van Roamfree, Hugo van Heerden Torr, bestuurder van Dombietersfontein, Naudé, Mario Kruger, uitvoerende direkteur van Vleissentraal Port Elizabeth. Voor, van links, is mnre. Jakkie Nel, afslaer, en Lalla Sigonyela.
Ongeag die vierde agtereenvolgende jaar waarin minder as 90 mm reën geval het en die sewende droë jaar op Dombietersfontein, Victoria-Wes, is puik teelmateriaal op Konsortium-Merino se 85ste veiling opgeraap.
Die hoogste prys van R70 000 is deur mnr. Gerrie Naudé van Victoria-Wes betaal. Konsortium-Merino het vanjaar reeds 889 ramme teen gemiddeld R10 192 op vyf veilings verkoop. Al 197 ramme is teen gemiddelde R13 792 verkoop. Op die veiling in die skeerhok is 98 ramme teen gemiddeld R17 469 verkoop en op die stilveiling het 99 ramme gemiddeld R10 152 behaal. Vleissentraal Port Elizabeth het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.