AFGRI
BEAN
31 Me
-
8440
-229,00
CORN
31 Me
-
4035
-79,00
SOYA
31 Me
-
7769
-121,00
SUNS
31 Me
-
8135
-131,00
WEAT
31 Me
-
6645
-8,00
WMAZ
31 Me
-
3868,2
-34,80
YMAZ
31 Me
-
3822
-31,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

5 minute met ’n vroue-entrepreneur

Dis veral oumas wat nie kan weerstaan om een van Johanna Kleinhans van HasieLief op Malmesbury se handgemaakte hasies, uitgevat in ouwêreldse kinderklere, vir hul kleinkinders te koop nie.

Hoe het jy aan die idee van die hasies gekom?

Met my liefde vir handgemaakte poppe, maar veral my liefde (of is dit eerder my obsessie?) met hasies, het ek begin rondspeel met idees en patrone. Oorspronklik het ek net vir my eie dogtertjie speelgoed gemaak, maar later het meer en meer mense vir hasies begin vra en so is HasieLief gebore. As ek inspirasie nodig het, gaan blaai ek net deur my storieboeke of gaan loer op Instragram na kinderklere om die hasies mee uit te rus.

Wie is jou mark? Is dit veral kinders?

My beste klante is oumas wat die waarde van 'n sagte, handgemaakte pop besef. Die ontvangers van die hasies is meestal nuwe babatjies wat gebore word. Dis gelukkig nie net kinders wat in die vreugde van die hasies mag deel nie, want selfs 'n hele paar “grootmense” het al vir hulself 'n haas of twee bestel.

Wie help jou met alles?

Ek maak al die patrone, hasies en hul klere self. Ek behartig ook die administrasie, fotografie en sosiale media. My man en kinders help met balans en koffie. Harde werk en goeie beplanning bly maar my leuse. Wanneer dit die dag té rof raak, dra my liefde vir handwerk my deur en speel ek weer verder.

Wens jy daar was iets wat jy geweet het voordat jy met die onderneming begin het?

As 'n mens terugkyk, sou ons almal seker wens om eers al die kennis te hê, maar wysheid kom slegs met verloop van tyd. Ek glo nie 'n mens hoef eers alles te weet voordat jy begin nie: Jy leer namate jy aangaan. Die belangrikste is om aan te hou leer, veral uit jou foute.

Verandering is deel van die proses. Wees daarom sommer uit die staanspoor voorbereid daarop dat dinge nie altyd dieselfde gaan bly nie. Gebruik wat jy tot jou beskikking het, en maak die meeste van die oomblik.

Besoek www.hasielief.co.za vir meer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.72
-0.2%
Rand - Pond
24.44
-0.0%
Rand - Euro
21.05
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.76
+0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
996.47
-1.7%
Palladium
1,363.96
-3.0%
Goud
1,968.46
+0.5%
Silwer
23.33
+0.6%
Brent-ruolie
73.54
-4.8%
Top-40
70,023
-1.3%
Alle aandele
75,067
-1.2%
Hulpbronne 10
67,538
+0.7%
Industriële 25
102,856
-2.7%
Finansiële 15
14,406
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe kans
Ek is reguit eerlik op die man af. Loop nie draaie nie. Ek Hou van diere en suite lewe. Hou van naturuur. Besigtig natuur. Ek het Soos baie Ander ook seer gekry, wil n laaste...
Soek n maat om die lewe saam te geniet
Vriendelik en behulpsaam Hou ni van n man wat te veel drink ni ( moet weet waar sy limiet is) Moet respek toon
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot