
Die Agbiz-eeufeesbeurs van R28 000 is beskikbaar vir ’n Suid-Afrikaanse student wat vir ’n M.- of Ph.D.-graad in landbou-ekonomie of landbousakebestuur aan ’n erkende Suid-Afrikaanse universiteit geregistreer is.
Vorige ontvangers was mnr. Jan J. Greyling aan die Universiteit Stellenbosch, me. Nandipha Mbizana aan Fort Hare-universiteit, mnr. Gunther Griessel aan die Universiteit van die Vrystaat, en vanjaar aan mnre. Andries Radley aan die Noordwes-universiteit en Sifiso Mhlaba aan die Universiteit van Pretoria.
Aansoekers moet onder meer ’n persoonlike motivering indien oor waarom hulle die beurs behoort te kry en waarvoor dit gebruik sal word. Die beurs word volgens verdienste toegeken, gegrond op die student se prestasie tot nou, asook die belang van die veld van navorsing vir landboubesigheid en die bydrae wat dit daartoe sal lewer.
Navrae: Bel Agbiz by tel. 012 807 6686 of e-pos admin@agbiz.co.za.