
Vanjaar se Agri Megaweek neem van 15 tot 18 September in Bredasdorp plaas en is daarop gemik om die kleingraanbedryf en die landbou in geheel te bevorder. Die Agri Megaweek-graandebat word ook weer aangebied. Vanjaar se tema is “Think big. Start small. Go deep” en die debat dek kwessies soos voedselsekuriteit, navorsing, insetverskaffers, agribesighede, die banksektor en die regering se rol in die versekering van ‘n volhoubare toekoms vir die landbou.
Produsente sal die jaarlikse garswerkswinkel kan bywoon en vanjaar word ‘n werkswinkel vir die kanolabedryf vir die eerste keer aangebied. Besoekers sal demonstrasies van landoumasjinerie en –implente kan bywoon. RSG se populêre Praat Saam-program sal ook van die perseel uitgesaai word.
Die suiwel- en kleinveebedryf geniet ook vanjaar aandag met die Nasionale Jersey-kampioenskappe asook die Nasionale Skaapskeer- en Wolhantersingskampioenskappe.
Bersoekers geniet 'n trekkerdemonstrasie tydens Agri Megaweek op die meegaande foto. Die foto is deur Agri Megaweek verskaf.
28 Julie 2009