AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Aalwurms by sojabone raak al hoe erger

akkreditasie
Mnr. Gerhard Engelbrecht. Foto: verskaf
Mnr. Gerhard Engelbrecht. Foto: verskaf
Die toename in aalwurms wek kommer in die sojaboonbedryf. Namate die produksie styg, neem die blootstelling aan siektes en plae ook toe. Wisselbou en kultivars met genetiese weerstand is dalk nie doeltreffend genoeg om die probleem te bekamp nie, en voortgesette navorsing is nodig vir nuwe oplossings.

Sojabone met sy hoë proteïeninhoud help baie om voedselsekerheid in Afrika suid van die Sahara te verbeter, maar met die uitbreiding in sojaboonproduksie neem die risiko terselfdertyd toe dat hierdie waardevolle gewas toenemend aan siektes en plae blootgestel word.

Hieronder tel veral plantparasitiese aalwurms, soos Meloidogyne en Pratylenchus spp., verskeie insekte wat op die plante se stamme voed, asook ’n reeks patogeniese bakteriese en swamsiektes, soos roesswamsiektes.

Kommer daaroor het mnr. Gerhard Engelbrecht, ’n heeltydse PhD-student aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, laat besluit om een van die hoofstukke van sy proefskrif aan dié onderwerp te wy, met finansiering van die Mielietrust.

Sy verhandeling handel hoofsaaklik oor die identifisering van die plantparasitiese aalwurmbevolkings by sojabone in Mpumalanga, asook die identifikasie van inheemse bakterieë en swamme wat vir biologiese bekamping gebruik kan word.

Alles dui daarop dat daar teen 2050 300% meer kos as in 2000 in Afrika suid van die Sahara sal nodig wees. Sojabone is een van die belangrikste peulgewasse ter wêreld om proteïen vir menslike en dieregebruik te verskaf. Die saad bevat sowat 18% olie en 38% proteïen.

Soja-opbrengste is aansienlik hoër in lande soos Argentinië, Brasilië, Paraguay, Amerika en China as in Suid-Afrika en ander lande suid van die Sahara. Amerika en Brasilië was die afgelope jare die grootste produserende lande met ’n oes van onderskeidelik 120 miljoen ton en 117 miljoen ton in 2018-’19.

In Afrika suid van die Sahara is 600 miljoen ha bewerkbare grond beskikbaar. Minder as 10% daarvan word vir gewasverbouing benut, al het dit ’n goeie potensiaal vir onder meer sojabone. Dié gebied kan dus as die mees onderbenutte streek ter wêreld bestempel word.

Sojaproduksie suid van die Sahara het wel vanaf 13 000 ton in die vroeë 1970’s tot 2,55 miljoen ton in 2019-’20 toegeneem. Suid-Afrika (1,17 miljoen ton), Nigerië (1,05 miljoen ton) en Zambië (300 000 ton) was die grootste produsente in 2018-’19.

Grootste gewasse

In Suid-Afrika is sojabone, mielies en sonneblomme die grootste gewasse wat oppervlakte en produksie betref. Sojabone het so ’n groot ekonomiese waarde dat dit in ál nege provinsies verbou word. Dit weerspieël die toenemende behoefte aan proteïen en plantolie.

In die 1990’s is sowat 87 000 ha grond met sojabone beplant, in die 2017-’18-produksiejaar 787 200 ha en in 2018-’19 sowat 730 500 ha. Die oes van 2016-’17 en 2017-’18 het onderskeidelik sowat 1,3 miljoen ton en 1,5 miljoen ton beloop.

Die opbrengs was in die afgelope drie dekades weens die dorre klimaat, ongunstige temperatuur en siektes en plae gemiddeld 1,1 ton/ha, al is geneties verbeterde kultivars beskikbaar. Die internasionale gemiddelde beloop 2,4 ton/ha.

Nogtans is daar sporadiese hoë opbrengste deur Suid-Afrikaanse boere, onder meer danksy bewaringsboerdery wat die grondgesondheid verbeter.

Groot invoer

Vanweë die groot vraag voer Afrikalande suid van die Sahara baie sojabone en -produkte in. Van 2013 tot 2016 het invoer jaarliks gemiddeld 6,8 miljoen ton ter waarde van $4,4 miljard (R75,8 miljard) bedra. Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Nigerië, die Seychelle, Zambië en Zimbabwe is van die grootste invoerders suid van die Sahara.

Sojabone word ook in verwerkte vorm deur mense gebruik, soos sojamelk en -sop. Die vraag na soja as dierekos neem in Suid-Afrika toe. Dit is een van die belangrikste redes waarom die produksie in 2017-’18 tot 1,55 miljoen ton ter waarde van R7,139 miljard toegeneem het.

Sojaboonproduksie en die gepaardgaande Rhizobium- en Bradyrhizobium-mikrobes dra by tot die binding van stikstof in die grond. Aangekoopte stikstof is duur en is een van die grootste uitgawes om die oespotensiaal te behaal. Dit hou boonop ’n gevaar vir die omgewing in.

Daarom is biologiese stikstofbinding ’n waardevolle en ekologies veilige alternatief vir peulgewasse.

Die galle wat knopwortelaalwurm vorm (A), verskil aansienlik van dié wat deur Brady- rhizobium of Rhizobium-spesies gevorm word (B). Laasgenoemde bind stikstof, en kan maklik van die wortels verwyder word. Stikstofnodules kan ook deur die knopwortelaalwurm besmet word (C). Foto’s: Gerhard Engelbrecht, Suria Bekker

Knopwortelaalwurm

Die knopwortelaalwurm (Meloidogyne arenaria) is al in 1959 in Suid-Afrika by sojabone aangemeld. Sedertdien het die aantal aalwurmspesies by die gewas toegeneem.

Hierdie aalwurms parasiteer op die plantwortels en veroorsaak groot skade aan talle gewasse, waaronder sojabone. Hoewel sojaboonproduksie in Suid-Afrika en ander lande suid van die Sahara styg, is daar nog nie voldoende navorsing oor die gesamentlike voorkoms van knopwortel- en letselaalwurm by die gewas gedoen nie. Nóg navorsing kan sojaproduksie bevoordeel.

Simptome van knopwortelaalwurm kom bo- én ondergronds voor. Galle op die wortels benadeel die anatomiese en fisiologiese funksionering, want die wortels kan nie water en voedingstowwe optimaal opneem en na die bogrondse dele vervoer nie.

Daar is ’n duidelike verskil tussen die galle wat deur die knopwortelaalwurm gevorm word en die nodules wat deur Bradyrhizobium of Rhizobium-spesies gevorm word. Die nodules waarin hulle stikstof vaslê, kan maklik van die wortels verwyder word. Daarteenoor is galle van die knopwortelaalwurm deel van die wortelstelsel.

Die stikstofnodules kan egter ook deur die knopwortelaalwurm besmet word. Na gelang van die ontwikkelingsfase en mate van besmetting kan die kleur van die vesels in die nodules verskil. By sojabone is die nodules gewoonlik pienk wanneer dit aktief is, maar groenerig wanneer dit onaktief is.

Bogrondse simptome weens knopwortel- aalwurm sluit in verdwerging, verlepte plante, vergeling en in erge gevalle vrektes. Dit is egter nie ’n klinkklare diagnose vir knopwortelaalwurm nie omdat dit ook weens ander abiotiese en/of biotiese beperkings kan wees, waaronder droogte, ’n gebrek aan behoorlike stikstofbinding en versuiping. Dit is die beste om die hele plant uit te trek om te kyk of daar knopwortelaalwurm-galle teenwoordig is.

Letselaalwurm

Letselaalwurms (Pratylenchus spp.) rig ook ekonomiese skade by sojabone aan en kom al sedert 1984 in Suid-Afrika by die gewas voor. Die ondergrondse simptome van letselaalwurm is letsels in of aan die wortels wat as nekrotiese materiaal sigbaar is. Dit vertoon gryserig, bruinerig of swarterig. Die opvallendste simptoom is die potsierlike, verkleurde wortels wanneer erge besmetting voorkom.

Nekrotiese wortelmateriaal kan egter ook weens skade deur ander insekte en/of siektes ontstaan. Dit is moeilik om tussen die twee oorsake te onderskei.

Bogrondse simptome lyk in die algemeen soos dié wat deur plantparasitiese aalwurms veroorsaak word, maar kan ook kolle verdwergde en gelerige plante insluit, asook kleiner blare, wat die oesopbrengs aansienlik kan benadeel. Simptome kan ook met dié van grondoorgedraagde siektes en insek- skade ooreenstem.

Aansienlike oesverliese

Knopwortel- en letselaalwurms kan groot oesverliese veroorsaak. Die omvang daarvan word grootliks deur die vatbaarheid van die kultivar en die omvang van aalwurmbesmetting bepaal. Omgewingstoestande, grondtipe en ander faktore speel egter ook ’n rol.

Na raming is aalwurms vir oesverliese van tot 80% wêreldwyd en tot 90% in Amerika verantwoordelik. Hoewel spesifieke syfers nie vir Suid-Afrika beskikbaar is nie, is die nasionale oesverliese weens aalwurms in die 1980’s op sowat 9% beraam. In Mpumalanga was daar soms totale misoeste. In die onlangse verlede is verliese van tot 41% aangemeld. Boonop veroorsaak voeding deur aalwurms op die plantwortels dat stikstofbinding afneem, wat die oes verder kan verklein.

Hul talle gashere is een van die belangrikste redes hoekom knopwortel- en letselaalwurms steeds ’n probleem vir sojaboonproduksie is. Meer as een knopwortel- en letselaalwurm-spesie kan ook op dieselfde land voorkom.

Daar is verder nie genoeg chemiese of biologiese aalwurmmiddels wat geregistreer is om die plaag te bestry nie, al is sulke middels die belangrikste bekampingstrategie wêreldwyd, tesame met die genetiese weerstand van gasheerplante. ’n Geïntegreerde stelsel wat verskillende strategieë kombineer, is moontlik die beste manier om die aalwurms te bekamp.

Wisselbou stuit hulle nie

Die aalwurms se wye reeks gasheerplante is die rede waarom wisselbou nie noodwendig ’n doeltreffende bekampingstrategie teen knopwortel- én letselaalwurm is nie.

Boere moet wisselbou toepas deur vatbare gewasse met weerstandige gewasse af te wissel. Dit is raadsaam om enige gewas of kultivar eers vir weerstand teen aalwurms te toets.

In Amerika is gevind dat wisselbou met ’n sekere mieliegenotipe (Pioneer 3223), pêrelmanna (Tifgrain 102) en Bahiagras die bevolkingsdigtheid van M. arenaria wesenlik kan verminder. In Australië het sekere mieliegenotipes die getalle van M. hapla verminder, terwyl die garsgenotipe Clipper Pratylenchus spp. verminder het. In Brasilië het wisselbou met sojabone en Crotalaria (’n weidingsgewas) en radyse P. brachyurus se getalle laat afneem. In Nigerië was die afrikanerblom en sunhennep in staat om M. incognita se getalle op sojaboonlande te verminder.

Dit is egter duidelik dat wisselbou nie ’n doeltreffende strategie in Suid-Afrika is om aalwurms te bekamp nie. Daar was ’n aansienlike toename in knopwortelaalwurms in ’n wisselboustelsel waar sojabone elke vier jaar gebruik is om mielies af te wissel. Gewasse wat gewoonlik saam met sojabone gebruik word, soos droëbone, mielies, aartappels, sonneblomme en verskeie groentesoorte, is vatbaar vir knopwortel- en letselaalwurm.

Indien wisselbou as bestuurstrategie oorweeg word, word aanbeveel dat kultivars wat swak gashere is of weerstandig teen aalwurms is, gebruik word. Dit kan egter die bevolkingsdigtheid van ander aalwurmsoorte wat nie geteiken word nie, laat toeneem. Die gebruik van nie-gasheer- of weerstandige gewaskultivars is ook nie altyd aanloklik vir boere nie.

’n Ander groot tekortkoming is dat kultivars van gewasse steeds kommersieel beskikbaar gestel word sonder dat hul vatbaarheid vir aalwurms getoets is.

Chemiese bekamping

Chemiese bekamping behels die gebruik van aalwurmmiddels met bestanddele wat dodelik vir die aalwurms is of hul gedrag ontwrig. Sulke middels word al sedert die 1950’s gebruik. Middels met bestanddele soos karbofuraan, furfuraal, oksamiel, organofosfaat en halogeneerde verbindings word wêreldwyd op groot skaal toegedien.

Die ontwikkeling van nuwe, sintetiese aalwurmmiddels het egter in die afgelope dekades afgeneem, hoofsaaklik vanweë die onttrekking van talle chemiese produkte omdat hulle giftig vir die omgewing, diere en mense is.

Gevolglik word meer navorsing oor omgewingsvriendelike middels en bekamping- strategieë gedoen. Saadbehandeling word byvoorbeeld as ’n manier beskou wat meer teikengerig is en die potensieel nadelige gevolge verminder. Hoewel navorsing oor sintetiese middels afgeskaal is, gaan die soektog na sulke middels ook voort.

Veldproewe in Amerika het getoon die aalwurmmiddels Bolster 15G (aldikarb) en Counter 20G (turbofos) kan aalwurmgetalle op sojaboonlande aansienlik verminder. Aalwurmmiddels wat by sojabone getoets is, was egter nie kostedoeltreffend in Suid-Afrikaanse toestande nie. Van die korrel- en berokingsmiddels wat getoets is, was net EDB® (dibroometaan) deurlopend in staat om aalwurmbevolkings te verminder.

Middels met aldikarb en turbofos het nie veel verskil gemaak teenoor die kon- trole-aanplantings nie.

’n Saadbehandelingsmiddel wat abamektien bevat, is tans in Suid-Afrika vir gebruik by sojabone geregistreer. Produkte wat byvoorbeeld karbofuraan en furfuraal as aktiewe bestanddele bevat, is erkende aalwurmmiddels, maar is in Suid-Afrika net vir gebruik by mielies (albei produkte) en sonneblomme (karbofuraan) geregistreer. Albei gewasse word gewoonlik in ’n wisselboustelsel saam met sojabone geplant.

Bogrondse simptome weens knopwortelaalwurm word onder meer aan verdwerging uit- geken. Foto: Gerhard Engelbrecht

Omgewingsvriendelik

Hoewel chemiese bekamping die algemeenste metode van aalwurmbekamping is, is die kommer oor die veiligheid van sulke middels sodanig dat dit ’n wekroep vir die ontwikkeling van omgewingsvriendeliker bekampingsmaatreëls is.

Biochemiese en semi-chemiese middels is natuurlike verbindings wat in die plek van sintetiese aalwurmmiddels gebruik kan word omdat dit produkte met ’n herkoms van biologiese organismes is, soos mikro-organismes, plante of diere. Voorbeelde van natuurlike bestanddele met ’n uitwerking op aalwurms is sitronella-olie en knoffel.

Genetiese weerstand

Genetiese weerstand lê die aalwurm se indringing, voeding, ontwikkeling en reproduksie gedeeltelik of ten volle aan bande. Plante het gewoonlik geen, lae, matige of goeie weerstand teen ’n spesifieke aalwurmspesie. Die gebruik van genetiese weerstand teen knopwortel- en letselaalwurm is as een van die kostedoeltreffendste en omgewingsvriendelikste bekampingmetodes by soja- bone geïdentifiseer.

Sekere kultivars is weerstandig of verdraagsaam vir ’n paar aalwurmspesies. Die Amerikaanse sojaboongenotipe PI 567516C is geïdentifiseer as ’n uitstekende bron van weerstand omdat dit weerstand teen M. incognita én die sojaboonsist- en niervormige aalwurms het. ’n Ondersoek het ook getoon die drie kultivars Centennial, Forrest en Hartwig is weerstandig teen die sojaboonsistaalwurm én M. incognita.

Uit 29 kultivars wat in Brasilië vir weerstand teen M. javanica geëvalueer is, was geeneen heeltemal weerstandig nie, maar twee kultivars, TMG 1288RR en NS 8270, het matige weerstand getoon. In Amerika is sommige van die Edamame-teellyne ook vir weerstand teen M. incognita geïdentifiseer.

Die ondergrondse simptome van letselaalwurms is letsels aan die wortels wat as nekrotiese materiaal in die wortels sigbaar is. Dit vertoon gryserig, bruinerig of swarterig. Foto: Suria Bekker

Navorsing in Suid-Afrika

Baie navorsing is in Afrika oor knopwortelaalwurms en hul sojaboongashere gedoen. Prof. Driekie Fourie en dr. Akhona Mbatyoti het gevind daar is ’n paar sojaboonkultivars met verskillende vlakke van weerstand.

Sulke materiaal met weerstand teen M. incognita en M. javanica is in konvensionele, kommersiële kultivars met ’n hoë opbrengspotensiaal ingeteel. Dié kultivars is egter verouderd.

Talle nuwe kultivars word jaarliks beskikbaar gestel.

Boonop moet die weerstandseienskappe teen die knopwortelaalwurm ook met Roundup Ready®-kultivars geëvalueer word omdat dié kultivars die plaaslike mark oorheers. In Suid-Afrika is meer as 90% van die sojaboonaanplantings sedert 2017 kultivars wat verdraag- saam is teen glifosaat.

Nóg ’n struikelblok in die gebruik van gasheerplante met weerstand in lande suid van die Sahara is die gebrek aan inligting oor sojaboonkultivars se gasheerstatus, spesifiek oor letselaalwurmspesies. Die ware impak van plantdigtheid, spesies en aalwurmbevolkings se invloed op weerstandsvlakke behoort vasgestel te word. In die lig van klimaatverandering moet proewe ook teen verskillende temperature gedoen word om kultivars te identifiseer wat in sulke toestande die beste weerstand teen aalwurms het.

Mbatyoti het reeds bewys die kultivar LS 59950, wat nie meer beskikbaar is nie, het goeie weerstand, terwyl sommige van sy opvolgers se weerstand teen M. incognita óók as superieur bestempel kan word. Dit is geensins deur ’n styging in die temperatuur van 3-4 ºC geraak nie.

Dieselfde proef het egter getoon M. incognita se digtheid in die wortels van vatbare kultivars het toegeneem by die stygende temperature waaraan die gewas waarskynlik in die toekoms blootgestel sal word. Dit is ook nodig om kultivars se reaksie op droogtes te eva- lueer, aangesien die meeste produksie op droëland plaasvind en erge droogtes soms voorkom.

aalwurms word kos

Bakterieë en swamme is ’n alternatiewe bestuursmiddel om aalwurms te bekamp ten einde skade aan onder meer sojabone te verminder. Bakterieë sluit verskeie Bacillus-spesies, Pseudomonas en Pasteuria in. Bacillus kan byvoorbeeld gebruik word om bio-aalwurmmiddels te ontwikkel.

Party swamspesies, soos Polyphilus sieberi en P. frankenii kan aalwurmeiers binnedring en daarin voortplant om die eiers dood te maak. Só word die aalwurmbelading verminder.

Dié proewe het reeds tot die ontwikkeling van kommersiële produkte soos Compost-Aid™, Nem-Out™ en Rhizotec® gelei. In Suid-Afrika is sulke produkte egter nie vir gebruik by sojabone beskikbaar of geregistreer nie. Engelbrecht probeer met sy navorsing swamme en bakterieë identifiseer wat potensiaal inhou.

Navrae: Mnr. Gerhard Engelbrecht, e-pos: 24137472@student.g.nwu.ac.za, 072 119 3544. Sy studieleier is prof. Driekie Fourie en mede-promotors prof. Sarina Claassens en dr. Charlotte Mienie.

Met dank aan die Mielietrust vir ’n beurs en dr. Mariette Marais van die nematologie-eenheid van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Plantgesondheid- en beskerming vir die gebruik van data uit die Suid-Afrikaanse plantparasitiese opname (SAPPNO) se databasis.

Die artikel is gegrond op ’n wetenskaplike artikel wat Engelbrecht saamgestel het (“South Africa: An Important Soybean Producer in Sub-Saharan Africa and the Quest for Managing Nematode Pests of the Crop”; https://www.mdpi.com/2077-0472/10/6/242).

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.1%
Rand - Euro
18.42
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,798.42
-0.3%
Silwer
23.21
+2.0%
Palladium
1,898.90
-2.4%
Platinum
1,021.00
-2.2%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot