Die LNR se instituut vir plantgesondheid- en beskerming en die LNR se instituut vir natuurlike hulpbronne en ingenieurswese bedryf dit. Danksy YourSoil™ kan boere regdeur die jaar die biotiese lewe (bv. die stand van grondmikro-organismes, swamme en nematodes) en abiotiese aspekte (soos die fisieke en chemiese samestelling) van hul grond in diepte deur LNR-kundiges laat toets.
Toetse word volgens gewasse se verskillende ontwikkelingstadiums gedoen. In die 10 Desember 2021-uitgawe van Landbouweekblad is volledig daaroor berig (sien bit.ly/3tkoIPx).
Tydens ’n webinaar oor YourSoil™ het dr. Chantelle Girgan van die LNR se instituut vir plantgesondheid- en beskerming genoem dat monsters reeds die afgelope paar maande as deel van die bestaande stelsel van grondontledings by die LNR hanteer word.