
Luidens ’n berig op Agdaily het Hula, wat ook met sojabone boer, die vorige rekordoes in 2017 aangeteken toe hy 34,02 t/ha geoes het.
Danksy verbeterde kultivars, gevorderde produksietegnieke en innoverende groeipraktyke kon boere wat aan dié kompetisie deelgeneem het, ten spyte van moeilike omstandighede indrukwekkende opbrengste behaal.
Die kompetisie is vanjaar die 55ste keer aangebied. Die 27 wenners in die kompetisie se nege produksiekategorieë het ’n gemiddelde opbrengs van 24,04 t/ha behaal, vergeleke met die gemiddelde opbrengs van 10,48 t/ha vir vanjaar se Amerikaanse oes.
Wenners ontvang nasionale erkenning in publikasies soos die NCYC Corn Yield Guide, asook kontantpryse en ander pryse soos borgskappe van saad-, chemikalie- en oesbeskermingsmaatskappye. Die wenners sal vereer word by die Commodity Classic 2020 in San Antonio, Texas.
Hier is 'n lys van al die wenners.