AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
Deel

Baie reën strem NW se someraanplantings nie te veel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Ondanks baie reën is someraanplantings in veral die westelike dele in ’n groot mate afgehandel.

Al het daar bogemiddelde reën die afgelope tyd in groot dele van Suid-Afrika uitgesak, was die meeste somergewasse betyds in die grond met enkele nat kolle waar nog geplant moet word terwyl die uurglas leegloop.

“Die meeste produsente in die westelike dele is baie ver gevorder met mielie-aanplantings, sojabone is klaar en daar word steeds sonneblomme geplant,” was die opsomming van mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, teen 20 Desember.

Sy siening word gestaaf deur ’n opname onder 20 boereverenigings in Noordwes deur mnr. Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, wat ’n besonder gunstige prentjie skets.

Wat reënval betref, het die meeste boereverenigings aangedui dat hulle die afgelope tien dae ongeveer net soveel of selfs bietjie meer reën as die normale gemiddeld vir die hele Desember ontvang het. ’n Uitsondering was die omgewing van Bloemhof waar daar by die Kingswood-silo van 1 en 20 Desember 794 mm gemeet is teenoor die gemiddelde van 85 mm vir Desember.

Ondanks die bogemiddelde reënval het meer as die helfte van die boereverenigings aangedui dat daar geen skade aan aangeplante gewasse is nie. In vyf gebiede was daar skade van tot 5% en in die omgewing van Ventersdorp word skade op sowat 15% geraam. Net in vyf gebiede word geraam dat sowat 5% van gewasse oorgeplant sal moet word.

In meer as die helfte van die gebiede kon boere betyds plant en waar dit nog nie afgehandel is nie, is dit meestal van 5% tot 10% wat nog uitstaande is. By Delareyville word uitstaande aanplantings nog op 33% geraam, by Ottosdal 15% en Bloemhof 30%.

Toestand van paaie

Die een ding waaroor al die boereverenigings kla, is die skokkende toestand van paaie – nie net noodwendig oor die baie reën nie, maar ook weens jare lange verwaarlosing, dreineringspype wat verstop is en gate. Baie paaie is net toeganklik met bakkies.

Mnr. Nelis Potgieter, area-bestuurder van Pioneer in Noordwes, sê die aanplantings in Noordwes lyk oor die algemeen goed. “In vergelyking met droë jare is ons vooruit. Reën het veral die aanplantings van mielies kol-kol gebriek, maar dit is nou weer op datum. Van ons kliënte is agter met hul sonneblomaanplantings, maar daar is gelukkig nog baie tyd oor om daarmee klaar te maak.”

Mnr. Kierie Barnard, chemikalie-en-voedingsraadgewer by Midchem NWK, sê vir hom lyk dit asof die meeste boere byna klaar is met aanplantings. “Daar is kolle waar boere agter is as gevolg van reën. Ek sien wel dat baie ouens nog moet klaar maak met sonneblomaanplantings. Dit wil vir my voorkom asof baie boere dit eers ná Kersfees gaan doen,” sê Barnard.

Seisoen verloop ‘seepglad’

Ook mnr. Corné van der Westhuizen, landboukundige by Pannar in Noordwes, sê die plantseisoen sover redelik goed verloop het. “As landboukundige hardloop ek gewoonlik dié tyd van die jaar rond agter probleme aan, maar ek moet sê hierdie jaar verloop dinge seepglad. Ek wens elke seisoen kan so lyk.”

Hy sê mielie-aanplantings by Koster, Derby en Grootpan is 90% klaar en dit het glad verloop. “Hier en daar het aanplantings vir ’n dag of twee gestaan weens nattigheid, maar hoofsaaklik weens toerusting wat gebreek het.”

Sojaboon-aanplantings in die area is klaar en dit lyk baie goed. “Dis nie ’n groot sonneblom-area nie en die ouens wat verlede jaar sonneblom geplant het, het pakslae gekry weens Sclerotinia. Dit lyk of daar beslis ’n afname in sonneblomaanplantings is in daardie area en 50% van die aanplantings is klaar.”

By Ventersdorp en Rysmierbult is sojaboonaanplantings klaar en dit lyk goed. Mielie-aanplantings is 90% klaar.

By Lichtenburg, Coligny en Biesiesvlei is daar boere wat kol-kol versuiptoestande gehad het en sojabone moes oorplant. “In dieselfde gebied is mielie-aanplantings 70% tot 80% klaar. Dis hoofsaaklik weens te veel nattigheid en te veel droogte so om die beurt. Die sonneblomaanplantings is 40% klaar. Dis vir my goed so, want ek weet daar is boere wat verkies om sonneblom in Januarie eers te plant, maar ek meen hoe vroëer, hoe beter.”

Van der Westhuizen sê in die distrikte Schweizer-Reneke, Louwna, Tosca en Migdol is daar nog ’n paar mielie-aanplantings wat moet klaar en daar het droogtes tussendeur die plantery bietjie gebriek. Versuipkolle en haelskade hier en daar het ook veroorsaak dat van die sojaboonaanplantings oorgedoen moes word.

Van der Westhuizen sê vergeleke met verlede jaar is aanplantings dié seisoen verder gevorder en dis ’n bogemiddelde seisoen. “Ek dink wel daar is ’n kans dat ons weer ’n midsomerdroogte kan hê.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.86
-0.3%
Rand - Pond
22.11
-0.2%
Rand - Euro
19.46
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.99
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
982.26
+1.4%
Palladium
1,473.60
+1.7%
Goud
1,979.41
-0.1%
Silwer
23.87
-0.2%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,089
0.0%
Alle aandele
76,705
0.0%
Hulpbronne 10
67,517
0.0%
Industriële 25
103,222
0.0%
Finansiële 15
15,634
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Lewe asof more nie bestaan nie
Eerlik. Vol liefde. Gemaklik mens. Ek is positief en vrolik. Vriende beskryf my as 'n sonstraal. Goeie sin vir humor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot