AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9880
-36,00
CORN
22 Mrt
-
4590
25,00
SOYA
22 Mrt
-
8955
-278,00
SUNS
22 Mrt
-
9170
-225,00
WEAT
22 Mrt
-
6508
-84,00
WMAZ
22 Mrt
-
3888
-62,00
YMAZ
22 Mrt
-
4141,8
-66,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Belowende seisoen verwag ondanks vertragings met reën

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Baie reën vertraag die plantproses, maar die somerseisoen word steeds as belowend beskou.

Met optimale planttyd in die oostelike dele van Suid-Afrika wat verby is, en die planttyd vir die westelike dele wat middel November begin het, het wydverspreide reën gesorg dat die seisoen met baie ondergrondse vog begin het.

Graan SA sê in verslag oor die produksiestoestande teen middel November dat die oormatige reën in baie plekke die aanplanting van somergrane vertraag het. In Mpumalanga, waar die optimale planttyd verby is, was produsente redelik ver gevorder met mielie-aanplantings, maar die raming was dat net sowat 30-40% van sojabone toe reeds geplant was.

Vir KwaZulu-Natal was die beraming dat 70-80% van die sojaboon- en 50% van die mielie-aanplantings voltooi was. Me. Petru Fourie, landbou-ekonoom en navorsingskoördineerder by Graan SA, sê toestande daar is oor die algemeen baie gunstig vir somergraanproduksie en boere het in die laaste deel van November volstoom gewerk om aanplantings te voltooi.

In Noordwes is landerye kol-kol nat, maar oor die algemeen is toestande baie gunstig vir somergraan. Teen middel November was sowat 50-60% van sojaboonaanplantings voltooi, maar minder as 10% van mielie-aanplantings. Die helfte van produsente was nog besig met primêre bewerkings voor die planttyd, aldus Fourie se opname.

In die noordwestelike en sentrale dele van die Vrystaat was minder as 10% van die mielies aangeplant, maar daar was reeds ver met sojabone gevorder. In die Oos-Vrystaat was lande in dele uitsonderlik nat en gewasse moes plek-plek oorgeplant word.

Fourie sê in die VKB-bedieningsgebied was sowat 30-40% van die mielie- en sojaboonaanplantings voltooi. In die OVK-bedieningsgebied het produsente redelik ver geplant aan hulle sojabone, maar min mielies was nog geplant.

In die Noord-Kaap is sojabone op oorlêlande en vroeë mielies reeds geplant en in Limpopo op die Springbokvlakte is toestande baie gunstig met die wydverspreide reën wat voorgekom het. Aanplantings van sorghum en sonneblom behoort in Desember volstoom te begin.

Optimisme

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê gegewe onlangse neigings is daar steeds optimisme dat goeie opbrengste behaal kan word, selfs al is aanplantings tot ’n maand laat. Hy sê 2021-’22-somerseisoen was só ’n seisoen wat baie nat begin het met sommige plekke waar daar oorgeplant moes word, maar steeds was opbrengste oor die algemeen goed.

“Daar word gevrees vir rypskade later in die seisoen as daar buite die planttydperk geplant word, maar in die onlangse tye het dit min voorgekom. Met die hoë insetkoste op die oomblik raak dit te duur om oor te plant en baie boere stel hulle plantery uit met die hoop dat die oormatige vroeë reën verby sal gaan.”

Wat ander bedrywe betref, sê Sihlobo die suikerrietaanplantings in KwaZulu-Natal en Mpumalanga het hoofsaaklik baat gevind by die goeie vogtoestande. Behalwe vir skade aan piesang- en makadamia-aanplantings in dele van Mpumalanga, was daar min skade weens die wind en reën aan vrugteboorde.

“In die veebedryf is daar toenemende risiko’s vir siektes, veral insek- en bosluisoorgedraagde siektes weens entstoftekorte. Breedweg gesien bly dit egter ’n gunstige seisoen vir landbou in Suid-Afrika.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.54
-0.0%
Rand - Pond
22.77
-0.5%
Rand - Euro
19.97
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
975.53
+0.3%
Palladium
1,390.90
-1.1%
Goud
1,944.85
+0.2%
Silwer
22.46
+0.3%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,339
+0.8%
Alle aandele
74,792
+0.7%
Hulpbronne 10
65,141
-0.8%
Industriële 25
101,043
+1.2%
Finansiële 15
15,287
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gemaklik met 'n goeie sin vir humor
Ek is 'n "easy going" persoon met 'n goeie sin vir humor. Ek hou van die bos en geniet die see miskien 'n bietjie meer. Ek is 'n baie positiewe...
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot