“Kyk altyd holisties na die situasie en moenie aannames maak nie.” Ontledings op mnr. Danie Minnaar se plaas, Springbok- laagte, by Kroonstad in die Wes-Vrystaat wys dat die hoeveelheid vog wat nodig is om die landwaterhouvermoë deur die seisoene aan te vul, die afgelope paar jaar minder geword het.
In 2017-’18 was 137 mm nodig, in 2018-’19 194 mm, in 2019-’20 122 mm, en in 2020-’21 88 mm. Van Zyl verduidelik as watertafelsandgrond, wat tipies vlak is (1,2 m tot 1,8 m) met ’n byna ondeurdringbare kleilaag daaronder, meer reën kry as die bestaande tekort wat nodig is om die land se waterhouvermoë te bereik, dan raak daardie grond versuip.
“Elke landery en sy grond is uniek. Dit is egter dikwels net nie prakties en finansieel haalbaar om dadelik ander stelsels of metodes te gebruik om vir hierdie uniekheid voorsiening te maak nie. Pleks daarvan moet jy een stelsel of metode vind wat die beste pas by jou lande of grond wat soortgelyke eienskappe het.”