Naas ’n buigsame reëling moet die hindernisse om energie aan die netwerk te verskaf, verwyder word. Billike ooreenkomste is nodig om opbergers van beurtkrag uit te sluit.
Agbiz Grain se lede hanteer gesamentlik 70% van die graan en oliesade wat in Suid-Afrika gelewer word. Stapelvoedsel, soos witmieliemeel, broodmeel en sonneblomolie, word hieruit vervaardig.
Kommoditeite wat opgeberg word, sluit witmielies, geelmielies, sonneblom, sojabone, koring, moutgars, kanola, grondbone en sorghum in. Elektrisiteit word gebruik om die graan en oliesade van produsente in te laai en na verwerkers uit te laai.