Die toename in saadpryse is ’n bron van groot kommer vir boere in die wintergraangebied. Saadpryse het skerp toegeneem teenoor die vorige seisoen.
Boere is daarby ook uitgelewer aan beurtkrag en stygende brandstofpryse.
“Saad bly seker een van ’n produsent se heel belangrikste insette, hoewel die prys nie so beduidend soos dié van ander insette is nie,” sê me. Petru Fourie, landbou-ekonoom en navorsingskoördineerder by Graan SA.