AFGRI
BEAN
07 Des
-
7536
0,00
CORN
07 Des
-
3725,2
17,20
SOYA
07 Des
-
7527,8
-11,20
SUNS
07 Des
-
10776,6
44,60
WEAT
07 Des
-
6290
-40,00
WMAZ
07 Des
-
3533
27,00
YMAZ
07 Des
-
3575
7,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Boere pluk die vrugte van ’n tegnologie-heffing

akkreditasie
Graantoestande by Heidelberg het baie verbeter ná goeie reën in Julie. Foto: Fredalette Uys
Graantoestande by Heidelberg het baie verbeter ná goeie reën in Julie. Foto: Fredalette Uys
Sedert die tegnologieheffing vir koring vyf jaar gelede ingestel is, het saadmaatskappye sowat 46 nuwe kultivars na Suid-Afrika gebring.

Sedert die tegnologieheffing vir koring vyf jaar gelede ingestel is, het saadmaatskappye sowat 46 nuwe kultivars na Suid-Afrika gebring. In die twee jaar sedert die heffing vir sojabone in werking getree het, is sowat 36 nuwe kultivars ingebring.

Mnr. Derek Matthews, voorsitter van Graan SA, het op ’n webinaar van die Suid-Afrikaanse kultivar-en-tegnologie-agentskap (Sacta) gesê net in die nuwe seisoen gaan daar agt nuwe kultivars vir sojabone kommersieel beskikbaar wees.

Mnr. Kruger van Wyk, bestuurder wat lisensiëring by Bayer Crop Science behartig, het op die webinaar bekend gemaak dat die lank verwagte Intacta Roundup Ready 2 Pro-tegnologie vir sojabone pas deur die registrasie-owerheid in Suid-Afrika vir kommersiële aanplantings goedgekeur het. Dié tegnologie bied beskerming teen plae soos Afrika-bolwurm en terselfdertyd verdraagsaamheid teenoor glifosaat wat verbeterde onkruidbekamping verseker.

Die registrasieproses en geslote proewe het in 2017 begin. Van Wyk het gesê boere sal hierdie seisoen reeds plaasproewe met die tegnologie kan sien en van die volgende seisoen af dit self kan benut. Hul eie proewe het getoon dat ’n opbrengsverhoging van 12% moontlik is en terselfdertyd bespaar ’n boer op die toediening van plaagdoders. Teen huidige pryse verhoog dit die boer se inkomste met R2 000/ha.

Matthews het gesê boere verstaan nou ook beter dat daar op ’n manier betaal moet word om toegang tot nuwe tegnologie te kan kry. “Enige statutêre heffing kan net ingestel word as die bedryf konsensus daaroor kan bereik. As boere voel hulle kry nie waarde daarvoor nie, hoef hulle nie daarvoor aansoek te doen nie of hulle kan enige aansoek teenstaan. Graan SA is voortdurend besig om seker te maak daar is waarde vir geld en voordele vir die onderskeie bedrywe.”

Hy sê Suid-Afrikaanse boere moet internasionaal kan meeding, want as verwerkers produkte goedkoper kan invoer, sal hulle dit doen omdat dit ekonomies sin maak. Hy wys daarop dat sojabone oor die afgelope 20 jaar in Amerika ’n opbrengsverhoging van 1,46% gehad het, terwyl dit plaaslik net 0,4% was. “Omdat die plaaslike bedryf nog relatief jonk is, kan die opbrengsverhoging toegeskryf word aan beter praktyke en nie noodwendig beter kultivars nie. Nuwe tegnologie en kultivars kan tot ’n drastiese verhoging in opbrengste lei."

Me. Lukeshni Chetty, hoofbestuurder van Sansor, sê ’n tegnologieheffing is wêreldwyd niks nuuts nie en die sukses daarvan kan in ander lande ook gesien word. “Almal in Suid-Afrika vind baat daarby. Daar is meer mededinging onder saadmaatskappye, boere kan mededingender produseer en Suid-Afrika kan meer produkte uitvoer. Die boodskap wat dit aan die internasionale saadbedryf uitstuur, is dat Suid-Afrika ontvanklik vir innovasie en beleggings is en bereid is om te betaal vir die benutting van ander se intelletuele eiendom.”

Die selfbestuiwende gewasse waarvoor daar in hierdie stadium ’n heffing is, sluit in koring, gars, hawer en sojabone met lupiene en grondbone wat waarskynlik volgende aan die beurt sal wees. Mnr. Gert Heyns, uitvoerende hoof van Sacta, wat oor die agentskap se finansies verslag gedoen het, het gesê die bruto inkomste uit heffings vir die 2021-boekjaar was R151 miljoen. Hiervan moet 20% aan transformasie bestee word en 5% gaan vir kommissie en administrasie. Die ander 75% word volgens markaandeel onder saadmaatskappye verdeel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.90
+0.2%
Rand - Pond
21.10
+0.1%
Rand - Euro
17.94
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.28
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Goud
1,782.04
+0.2%
Silwer
22.44
+0.3%
Palladium
1,863.56
+0.5%
Platinum
951.50
+1.0%
Brent-ruolie
73.08
+4.6%
Top-40
65,527
+1.4%
Alle aandele
71,984
+1.4%
Hulpbronne 10
68,542
+1.7%
Industriële 25
94,958
+1.7%
Finansiële 15
14,103
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek buitelyg maat
Ek is maar net ek lief vir die buite lewe leer my ken en jy het n vriend for life
Ek us ma net ek
Ek is maar net ek. Hou van die buite lewe, sport, musiek, hou daarvan om saam familie en vriende te kuier, avontuurlustig, spontaan, staat maker, opreg, vat nie nonsins nie....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot