
Die droëbonebedryf in Suid-Afrika is uniek wat verbruikspatrone betref, sê mnr. Chris Kleingeld, hoofbestuurder van die Droëboneprodusente-organisasie (DPO). Suid-Afrika is die enigste land ter wêreld wat rooi gespikkelde bone as die primêre tipe boon verbruik. Naas rooi gespikkelde bone is kleinwit inmaakbone en grootwit nierbone die gewildste tipe bone.
Die afgelope sewe jaar is deur onstabiele produksie gekenmerk. Volgens Kleingeld het die produksie van rooi gespikkelde bone aanvanklik gestyg, twee jaar gedaal en weer gelydelik gestyg met die toename in die produsenteprys tot sowat R16 000/ ton vir graad twee bone. Nierbone is bykans onbekombaar met ’n prys so hoog as R20 000/ ton. Kleinwit inmaakbone se prys wissel tot R10 000/ ton.
Meer as die helfte bone word ingevoer en dus het die binnelandse vraag en aanbod min invloed op die prys. Die Suid-Afrikaanse plaashekprys word grootliks van invoerpariteit afgelei. Die onvoorspelbaarheid van invoerpariteit bemoeilik besluitneming.
Meganismes is nodig om beplanning in die toekoms te verbeter. Een so ’n meganisme is om ’n gedeelte van die oes vooruit te kontrakteer.